Oond 180 gr C. Vryf 2 E margarine in 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier en kwart t sout. Maak sagte deeg met 2 geklitste eiers en klein bietjie water. Rol sagte deeg uit en smeer appelkoos/youngbessie/strawberry konfyt, lekker dik bo-oor. Rol deeg op en plaas in gesmeerde oondpan. Gooi vlg sous bo-oor. Meng saam: 3 k kookwater, 1 en halwe k suiker, 1 E botter en 2 t vanilla geursel. Bak vir 40-50 minute. Gooi sous bo-oor deeg terwyl bak. Bedien met baie dun vla.