Oond 180 gr C. Pak in lae in bakskottel: 2 groot gekapte uie. 3 Tamaties skywe, 2 rooi soetrissies, ontpit, in skywe, 1 groen soetrissies in skywe. Paar murgpampoentjies in skywe gesny. Meng saam: 2 E tamatiepasta, 4 E kookolie, 2 E suiker, 2 t sout, 1 t origanum. gooi oor groente, skud bak dat sous oral inloop. Bedek met tinfoelie en bak vir een uur. Bedien saam met koue vleise.