Oond 180 gr C. Sif saam: 560 ml Koekmeel, 4 t bakpoeier, 1/2 t sout. Klits saam: 1 k suiker en 4 eiers tot romerig. Roer meelmengsel in en ook 250 ml klapper. Roer 1 blikkie fyn pynappel by, sous en al en ook 1 t lemoengeursel. Jy kan ook ‘n kwart k gesnyde rooi cherries by voeg. Skep in groot gevoerde, gesmeerde koekpan. Bak vir omtrent ‘n uur. Jy kan ook ‘n ringkoekpan gebruik. Smeer dit net ekstra.