Klits 60 gr botter en 80 ml ligte bruinsuiker saam en skep op bodem van n gevoerde, gesmeerde losboom-koekpan. Plaas 1 klein blikkie pynappelringe bo-op. Sit kersies in elke opening van pynappelring. Beslag: Klits saam: 80 gr sagte botter, 200 ml suiker, 1 t lemoen/pynappel geursel en 1 groot eier saam tot romerig. Sif 375 ml bruismeel en 2 ml sout saam en roer by eiermengsel met 125 ml melk. Skep mengsel bo-op vrugte en bak vir 40-45 minute by 180 gr C. Keer uit op mooi bord en bedien warm met roomys.