Oond 180 gr C. Klits saam; 2 k suiker, 2 eiers en 1 t vanillageursel saam. Voeg by: 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 2 ml sout. Roer goed deur en roer 1 blikkie fyn pynappel by [432 gr] Skep in gesmeerde vierkantige oondbak en bak vir 40 minute tot gaar. Bolaag: Smelt 1/2 k botter, 1 k suiker en 3/4 k Idealmelk of room, knippie sout en 1 t vanillageursel. Laat prut vir 3 minute en roer 1 k fyn klapper en 1/2 k gekapte neute by.. Smeer bo-laag oor gaar poeding. Bedien met roomys of styfgeklopte room.