Neem 1 wildsboud, om en by 2 kg. Steek gate in met skerp mes en stop met spek, knoffel en rosyne. Plaas in diep glasbak. Meng marineer-sous: 100 ml soja/worcestersous, 2 t sout, 3 t suiker, 1/4 k asyn, 5 ml fyn koljander en 3 ml fyn gemmer. Gooi oor boud. Pak 1 gesnyde ui bo-op. Bedek met kleefplastiek. Plaas 1 dag of oornag in yskas. Draai boud 2 keer om. Gooi bietjie kookolie in swaarboom kastrol.. Braai boud goudbruin alkant. Voeg 1/2 k van marinade en 1 k rooiwyn by. Stowe vleis op sagte hitte vir 90 minute tot sag. Haal vleis uit kastrol en roer bietjie koekmeel en 1 E appelkooskonfyt met bietjie water. Verdik sous in kastrol en bedien met boud.