Smeer 10 snytjies piesangbrood met botter en sny in drie-hoekies. Pak in oondbak. Sprinkel paar sultanas oor. Klits 4 eiers, 375 ml melk en 125 ml suiker en ook 1 t vanilla essens saam en gooi bo-oor brood. Maak seker dat elke stukkie brood met die melkmengsel deurweek is. Jy kan ook 1 t suurlemoen-skil, fyn gerasper, by melkmengsel voeg. Laat vir 10 minute staan en bak dan by 180 gr C. vir 30 minute. Bedien met dun vla.