Oond 180 gr C
Sif saam in mengbak : 2 en 1/2 k koekmeel, 4 t bakpoeier en 1/4 t sout. Vryf 80 gr sagte margarine in droë bestandele.
Klits saam in ander bak: 1 k suiker, 2 groot eiers, 1 klein houertjie plein jogurt en 1 t vanillageursel. Roer by droë bestandele.
Druk 3 groot ryp piesangs met vurk fyn en roer by die beslag.
Skep deeg in gevoerde, gesmeerde medium broodpannetjie.
Bak vir 50 minute tot gaar.