Oond 180 gr C. Klits saam; 3 groot eiers, 180 ml suiker en 1 t vanilla essens. Voeg 250 ml fyngedrukte piesang, 2 E gladde grondbonebotter en 160 ml olie [canola of sonneblom] by en klits deur. Roer 125 ml melk by. Sif 2 k bruismeel en 1/4 t sout en roer by mengsel. Skep in goed gesmeerde tuitpan of 2 ronde gevoerde koekpanne. Bak vir 30-40 minute tot gaar. Koel 10 minute in pan af en keer dan uit op draadrakkie. As tuitpan gebruik, sny afgekoelde koek horisontaal in helfte deur. Maak versiersel: Klits 100 gr sagte margarine en 3 E gladde grondbonebotter saam.