Tot Sy eer.
Search

Perske-pynappel kerrieslaai

Verhit 1 groot blik perskeskywe met sous en voeg 1 klein blikkie pynappelstukke, met sous, by. Braai eenkant 1 groot ui in stukkies gesny en voeg by 2 t medium kerriepoeier, halwe k asyn en knippie sout by. Voeg by perske en pynappel.As te suur na jou smaak, roer 1 E suiker by. Kook liggies deur. Maak 2 opgehoopte E maizene met bietjie water aan en roer stadig by kokende mengsel. Kook saggies tot dik sous en spuit so twee spuite soet rissiesous in. Plaas in yskas tot gebruik. Heerlik met koue vleis, boud, hoender, ham.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos