Oond 190 gr C. Room saam: 30 ml sagte margarine en 100 gr peanutbutter, voeg 250 ml bruin suiker geleidelik by terwyl jy klits. Klits 1 eier en 5 ml vanilla essens by. Sif droë bestandele saam: 450 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier en knypie sout. Roer by bottermengsel in met 80 ml melk. Rol deeg in balletjies en plaas in gevoerde, gesmeerde plat koekiepan. Druk platter met vurk en bak vir 15-20 minute tot gaar. Koel af op draadrakkie en geniet met tee.