Wanneer laas het jy stampmielies geeet?
Ek kook gewoonllik ‘n hele pak in die mikrogolfoond vir 60 min in ‘n baie groot bak. So as jy mikrogolf klein is kan jy nie ‘n hele pak daarin kook nie want dit neem baie water.
Dis die lui huisvrou manier.
Jy kan dit op die stoof ook gaar kook nadat jy dit oornag in water laat week het. Of dit ‘n ouvrou storie is of nie weet ek nie, maar jy gooi blykbaar nie sout van die begin van die kookproses vir stamp koring en stamp mielies nie. Spoel jou mielies af nadat jy dit gaar gekook het
Nou maak jy jou paptert van stampmielies
Braai
1 pakkie spek en
1 uie en
1 pakkiemushrooms apart of saam
Een blikkie pit mielies
Neem nou jou gaar mielies meng 1 ½ tel sout deur
Gooi dit alles in ‘n groot genoeg mengbak voordat jy dit in jou oondbak sit
Gooi ook in jou mengbak
125 ml room
1 pakkie wit uiesoppoeier 60gram
1 kop mayonaise
Meng goed deur en plaas in gesmeerde oondpan wat groot genoeg is
1 kop gerasperde cheddar kaas vir bo oor
Bak teen 180 grade C tot mooi bruin bo op