Bak kors van gekoopte broskors-deeg. Bak kors by 200 gr C vir 10 minurte. Koel af. Maak vulsel: Meng alles saam: 500 ml fyn, gaar pampoen, 250 ml bruinsuiker, 2 geklitste eiers, 1 t fyn kaneel, 1/4 t fyn neutmuskaat, 1/4 t fyn naeltjies, 1/2 t sout, 125 ml melk, 1 E bruismeel. Dis ‘n redelike slap mengsel. Gooi in gaar, afgekoelde tertkors. Strooi ligweg met fyn kaneel, as verkies. Verminder hitte na 160 gr C. Bak 1 uur tot gaar. Toets met toetspen in middel van tert. Koel af en bedien met geklopte room.