Meng saam: 250 ml gaar, fyn pampoen, 1 eier, 250 ml bruismeel en 2 ml sout. Skep teelepels-vol in diep, medium-warm olie tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapaier en hou eenkant. Karamelsous: Verhit 125 ml melk, 125 ml water, 125 ml suiker, 2 ml sout en 10 ml margarine. Maak 15 ml vlapoeier aan met bietjie water en roer by melkmengsel en ook 5 ml karamelgeursel. Laat sous 1 minuut kook terwyl jy roer. Skep oor poffers, sorg dat elke poffer sous oor kry.