Oond 200 gr C. Sif saam in ‘n mengbak: 8 k koekmeel, 1 en halwe t koeksoda, half t sout. 2 t fyn kaneel, half t fyn naeltjies, Voeg 2 k suiker by en vryf halwe k sagte margarine en halwe k sagte vet in. Klits 2eiers en halwe k soetwyn en maak deeg aan. Laat staan vir een uur. Rol uit en druk ronde koekies af en plaas op gesmeerde bakplaat. Bak vir 15-20 minute tot gaar. Koel af op afkoelrakkie en bêre in lugdigte blik.