Tot Sy eer.
Search

Ouma se skaapvleis pastei

1kg onbeende skaapvleis in stukke gesny,1eetl bruin asyn, 25ml botter of kookolie,2uie-gekerf,4knoffelhuisies-gekneus, 10ml sout, vars gemaalde swart peper,aftreksel of kookwater,750ml rooiwyn, 500g aartappels – in stukke gesny, 1kg tamaties – ontvel en gekap, 5ml suiker, 2ml droë tiemie, 1eetl bisto – aangemaak met water.Metode:Verhit die botter of kookolie en soteer die uie en knoffel tot deurskynend, voeg vleis en asyn by en verbruin vinnig, voeg sout, peper en genoeg aftreksel of kookwater by om alles te bedek en stowe met deksel op die vleis sag is.Voeg aartappels,tamaties, suiker en tiemie by met genoeg rooiwyn om alles te bedek, stowe tot aartappels sag is.Voeg aangemaakte Bisto by en prut vir 5 minute.Giet in oondvaste skottel en laat afkoel.Deeg: Bestanddele:  2 Koppies koekmeel, 1 eetl bakpoeier, 1koppie melk, 1 koppie kookolie, 3Eiers, Sout, 1 Ui in ringe gesny (opsioneel).Metode:  Klits die, kookolie en eiers saam.Voeg by meel,bakpoeier en sout wat gemeng en klits goed tot ‘n gladde slag deeg.Gooi bo-oor gaar voorbereide pastei vleis.Druk paar uie rige bo-op die deeg vas.Bak vir ongeveer 30 min in vooraf verhitte oond 180gr tot mooi bruin.Bedien met soetpampoen en room spenasie.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos