250g/500ml Koekmeel
20ml bakpoeier
5ml sout
125ml suiker
50ml sagte botter of margarien
1 eier
250ml melk
100g/250ml okkerneute,gekap
125ml glanskersies,gekap
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n broodpan goed met boter of margarien. Sif die koekmeel, bakpoeier,sout en suiker saam. Vryf die botter of margarien met die vingerpunte in die meelmengsel tot krummerig. Klits die eier en melk saam en voeg by die meelmengsel. Meng goed. Voeg die okkerneute en kersies by en meng. Skep die beslag in die broodpan en bak ongeveer 40 minute tot ligbruin en gaar. Laat die brood goed afkoel en sny in skywe.