Sif saam: driekwart k koekmeel, driekwart k kakao en knippie sout. Klits saam in mengbak: Halwe k sagte botter, halwe k wit suiker, halwe k bruin suiker, 2 groot eiers en 2 t vanilla geursel. Meng droë bestandele by en roer dan 1 k gekapte neute by, jy kan ook sagte stukkies karamel toffies inroer. Skep in gevoerde, gesmeerde plat koekpan en bak vir 30 minute by 180 grade C.