Oond 180 gr C. Meng saam in mengbak; 2 blikke roommielies, 5 eiers, 60 ml bruismeel, 60 ml gesmelte margarine, knippie sout en 1 k gerasperde cheddarkaas. Skep in diep oondbak en sprinkel nog 1/2 k gerasperde kaas oor. Sprinkel bietjie paprika oor. Bak vir 30-40 minute.