Tot Sy eer.
Search

Melktert met Smeer-kors

Kors: Klits saam:   2 E sagte botter, 1/2 k suiker en 1 eier en knippie sout.  Roer by: 1 1/2 k meel, 1 t bakpoeier en knippie sout. Dit is ‘n slap deeg.  Smeer in gesmeerde tertbak, ook langs kante.  Bak by 180 gr C tot goudbruin.  Laat afkoel.    Vulsel:  Bring tot kookpunt: 3 k melk, 2 E botter, 1/2 k suiker en stukkie heel kaneel.    Meng in groot beker: 3 eiergele, 2 E hoogvol koekmeel, 1 E hoogvol mielieblom, knippie sout en 1 t vanillageursel en bietjie water. Roer by melkmengsel met draadklitser. Kook deur. Klits 3 eierwitte styf en vou by melkmengsel in.   Skep in kors en sprinkel fyn kaneel oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos