Plaas 1 kg mangostukkies en 1/4 t sout in ‘n groot glasbak en sprinkel 40 ml suurlemoensap oor. Mikrogolf vir 8 minute op hoog. Voeg 3/4 kg suiker by en roer tot opgelos. Plaas weer in mikrogolf oond op 100 persent krag en kook vir 20-30 minute. Roer af en toe. Pasop vir brand. Glasbak word baie warm. Skep in gesteriliseerde bottels en skroef toe.