Gooi in diep, groot glasbak: 1 kg mangostukkies en 40 ml suurlemoensap. Mikrogolf op 100 % krag vir 8 minute. Haal uit en roer half kg suiker, kwart t sout en halwe t fyn gemmer by. Roer met houtlepel tot suiker opgelos is. Sit terug in mikrogolf oond en mikrogolf vir 20-30 minute tot konfyt plooitjies maak as jy dit op ‘n koue piering skep en skeef hou. Roer af en toe terwyl dit kook. As die mango’s nie baie ryp is nie, gebruik meer suiker. Skep in gesteriliseerde flesse en plak etiket op.