Oond 180 gr C. Alles in mengbak: 1 k suiker, 1 E hoogvol sagte margarine, 1 eier, 1 E appelkooskonfyt, 1 t asyn, 1 k bruismeel, halwe t koeksoda en kwart t sout. Klits saam en gooi in glas poeding oondbak. Bak vir 30 minute. Gooi vlg sous oor as poeding uit oond kom. Sous: In kastrol: 1 k room, halwe k suiker en halwe k kookwater en knippie sout. Kook deur en gooi oor poeding. Eet met baie dun vla.