Tot Sy eer.
Search

Maklike Mince-sous oor Pap of Spagetti

Braai 1 gekapte ui, 1 gekapte groen soetrissie en 2 gekapte knoffelhuisies saam in bietjie olie tot sag. Voeg 500 gr maalvleis by en braai tot gaar. Voeg 2 blikke fyn tamaties met sous by en ook 4 E tamatiesous. Kook goed deur en roer dan ‘n halwe pakkie beesstert soppoeier in 1 k water en roer by vleissous. Kook saggies vir 10 minute. Bedien op stywe of krummel mieliepap of spagetti.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos