1 x 400g pakkie aarbeie
1 x 250g bakkie mascarpone kaas
½ blikkie kondens melk
Was die aarbeie, verwyder die stingels en sny in kwarte
Gebruik ‘n drukker waarmee mens aartappel fynmaak en maak die aarbeie fyn. Moenie te veel bekommer as dit nie heeltemal fyn is nie
Voeg nou die Mascarpone by en druk nog bietjie tot gemeng
Roer die kondensmelk by en plaas in ‘n plat platiese bak of metaalpannetjie en vries tot styf (ten minste 6 ure of oornag)
Bedien nes jy wil of eet dit sommer so uit die bak
By Mario the food guru