Oond 180 gr C. Voer en smeer ‘n ronde koekpan. Klits 4 groot eiers goed, voeg 375 ml strooisuiker lepel vir lepel by. Klits tot mengsel liggeel en dik is. Voeg 125 ml sonneblom/canola olie in dun straaltjie by terwyl jy klits. Klits nou 1 houer gladde maaskaas en 5 ml vanillageursel by. Sif 500 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier en 2 ml sout. Vou droë bestandele by eiermengsel in. Skep in pan. Bak vir 40-50 minute tot gaar. Toets met toetspen. Koel 10 minute af in pan. Keer versigtig uit op draadrakkie. Versier met botterversiersel soos verkies. Bedien met bessies van jou keuse.