In mengbak: 2 k koekmeel, halwe t sout, 3 eiers, halwe k kookolie, 2 k water en 1 k melk. Klits goed deur en laat vir 1 uur staan. Net voor jy begin bak, klits 2 t asyn en 1 t bakpoeier by. Maak pan warm op medium hitte en gooi 2 t kookolie in pan. Skep sop-lepels vol in warm pan en bak alkant bruin. Sprinkel kaneelsuiker oor. Jy hoef nie weer olie in pan te gooi.