Bottertkoek.
Oond: 180 gr C.
Klits saam; 1k suiker en 125 gr sagte margarine tot lig en donsig, voeg 4 eiers by en klits goed. Sif saam: 2 k koekmeel, 4 t bakpoeier en 1/2 t sout. Roer by beslag en roer ook 150 ml melk en 80 ml water by. Gooi derde van deeg in aparte bakkie en dan ander derde ook in ‘n bakkie. Kleur die een bakkie met 2 druppels groen kleursel en 1/2 t vanillageursel, roer deur. Ander bakkie met 1/2 t aarbeigeursel en 2 druppels rooi kleursel. Roer goed deur. By deeg in mengbak, voeg 1 t lemoengeursel en 1/2 t suurlemoengeursel. Skep deeg in gevoerde, gesmeerde oondpan. Skep lepelsvol van ander twee kleure deeg oor deeg in pan. Bak vir 30 minute tot gaar. Koel af op afkoelrakkie en sny in blokke.