Klits 1 blikkie yskoue Lite Idealmelk styf. Voeg 1 t gelatine, geweek in 1 E koue water en opgelos in 3/4 k kookwater by en klits deur. Voeg 1/2 k versoeter suiker, soos Canderel, en 1 t vanillageursel by en klits goed. Vries in plastiekbak vir 45 minute. klits goed deur en vries weer vir 2 ure. Klits baie goed deur en vries tot hard. Gebruik dan.