Oond 180 gr C. Gooi halwe koppie Van der Hum likeur oor ‘n halwe koppie vrugtekoek-mengsel, laat staan half uur. Sny 1 rosynebroodjie in snye en smeer met botter en appelkooskonfyt. Sny in drie-hoekies en pak in oondbak, skuins oor mekaar. Sprinkel vrugte en likeur bo-oor, pak nog ‘n lagie brood stukkies. Verhit in kastrol: 250 ml room, 200 ml melk en 2 t vanilla en knipiei sout. Klits in groot beker: 6 eiergele en 200 ml suiker goed saam en roer melk en room vinnig by. Giet bo-oor brood en druk plat met lepel dat alle brood deurweek is. Bak vir 40 min. Sprinkel met bruin suiker en rooster onder oondrooster tot gesmelt. Besien met roomys