Lemon curd: Smelt 125 gr botter oor lae hitte, klits sap en fyn gerasperde skil van 4 suurlemoene, 5 groot eiergele en 1 k suiker saam in ‘n beker. Voeg stadig by botter terwyl jy met draadklitser roer. Kook saggies, roer aanhoudend, vir 10 minute tot dik. Laat eenkant afkoel. Maak meringue van 5 eierwitte wat jy styg klop met 1 t kremetart en knippie sout, skep halwe k strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy klits. Klits tot stywe punte vorm. Skakel oond op 200 gr C. Neem 6 gaar broskors tertdoppies en plaas op bakplaat, skep lemon curd in en bedek met meringe. Bak vir 8-10 minute tot meringue goudbruin verkleur. Koel af en bedien.