Sny lemoene/suurlemoene of albei, in snippers. Neem 3 koppies snippers en 11 k kookwater en kook in konfytkastrol tot snippers sag is. Voeg 1,5 kg witsuiker en 1/2 t sout by en ook nog 1 k kookwater. Roer tot suiker opgelos het. Laat vinnig kook. Toets vir regte tekstuur: Skep warm konfyt op ‘n koue piering. As die konfyt plooitjies maak as jy die piering skuis draai, is dit reg. Skep in gesteriliseerde botteltjies en draai toe.