Tot Sy eer.
Search

Lemoenkoek [Botterkoek]

Oond 180 gr C.   Klits saam in mengbak: 1 koppie en 2 E sagte magarine, 1 en 1/4 k suiker, 4 eiers en halwe t lemoen essens. Roer 1 t gerasperde lemoenskil by. Voeg 2 k bruismeel en 1/4 t sout by. Roer 1/3 k lemoensap stadig by.  Skep mengsel in gevoerde, gesmeerde koekpan.  Bak 35-40 minute tot gaar. Laat koek in pan afkoel. Keer uit op draadrakkie en koel heeltemal af.  Plaas in koekbord. Versiersel: Roer 2 k versiersuiker, knippie sout en 3-4 E lemoensap bymekaar.  Skep op afgekoelde koek. Laat versiersel stol.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos