Meng saam: 60 ml suurlemoensap, 1 fyn knoffelhuisie, 125 ml balsamic asyn, 30 ml bruinsuiker en vars salieblare. Gooi bo-oor 6 lamtjoppies en sout en peper na smaak. Laat staan vir 60 minute. Verhit ‘n riffelpan tot rookwarm en braai tjops so gaar soos verkies. Bedien met gebakte aartappels en groenslaai