Oond 180 gr C. Stroop: Kook saam: 250 ml water, 125 ml suiker, 25 ml asyn, knippie sout. Gooi in diep oondbak. Deeg: Vryf 60 ml sagte margarine in 450 ml bruismeel. Voeg by: kwart t sout, 125 ml suiker, halwe t fyn gemmer, halwe t fyn kaneel. Klits 1 groot eier en los 1 t koeksoda op in 120 ml melk. Roer eier en melk by meelmengsel en ook 25 ml appelkooskonfyt. Skep beslag in stroop en bak vir 30-40 minuite tot gaar. Poeding vorm eie sous onder-in bak. Bedien met baie dun vla.