Bestandele:
- 1 Ferm koolkop
- 2 pakke swoerdlose repiesspek (250 g elk)
- Swartpeper
Metode:
Sit die koolkop met die stronk na onder op `n broodplank en sny dit in skywe van sowat 1cm dik. Pak `n laag spek gevolg deur `n koolskyf in `n diep, vuurvaste pot. Maal lekker baie swartpeper oor elke laag. Doen so voort tot die pot mooi vol is. Trek `n stuk foelie oor die pot en sit dit op `n gasstofie. Loer ná ‘n uur of die kool al ‘n goudgroen kleur het en gaar ruik. Die spek behoort sag en sappig maar gaar te wees.