Tot Sy eer.
Search

Konfyt en Klapperskywe

Oond 180 gr C.     Sif saam in mengbak: 200 ml koekmeel, 125 ml bruismeel, 2 ml sout en 125 ml versiersuiker.   Vryf 125 ml margarine in en maak aan met 1 groot geklitste eiergeel. Druk deeg vas in goed gesmeerde oond-bakplaat.  Bak 10 minute.tot ligbruin.  Haal uit en laat  afkoel.   Smeer 200 ml aarbei/appelkooskonfyt bo-oor kors.  Bo-laag:  Klits 3 ekstragroot eiers en 200 ml strooisuiker saam. Roer 625 ml droë klapper by. Smeer oor konfyt. Bak 20-25 minute tot goudkleurig.  Koel af in pan. Sny in skywe/blokke. Haal versitig uit met eierspaan en koel af op draadrakkie.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos