Oond 170 gr C. Klits saam in mengbak: 1/2 k sagte margarine, 1 k ligte bruinsuiker, 3 eiers en 1 t vanillageursel. Sif in aparte bak: 2 1/4 k koekmeel, 3 t bakpoeier, 1/4 t sout. Roer by eiermengsel en voeg ‘n 1/3 k koue, swart koffie en 1/4 k melk by. Roer 1 k vrugtekoekmengsel, 1/2 k groenvy stukkies, 1/2 k maketaanstukkies en 1/2 k kersies [cherries] halwes by. Skep in gevoerde, gesmeerde koekpan, [22 cm] en bak vir 1 uur tot gaar. Hou dop na 50 minute. moenie langer bak as dit gaar is nie. Gooi 1 E soetwyn, gemeng met 1 E brandewyn oor warm koek. Laat 10 minute staan en keer dan versigtig uit op draadrakkie. Gooi nog van wynmengsel oor. Laat afkoel en draai toe in tinfoelie.