Klits saam: 1 1/2 k suiker en 1 1/2 k sagte margarine. Roer bymekaar: 1/2 k warm melk, 2 E stroop, 2 t sterk kitskoffie-korrels, 1 t vanillageursel, 1 t koeksoda en 2 t asyn. Roer die twee mengsels bymekaar en sif 4 k bruismeel en 1/2 t sout. Maak sagte hanteerbare deeg aan. As te styf. voeg bietjie melk by, as te sag, nog bietjie bruismeel. Laat deeg vir 1 uur staan. Sit deeg deur vleismeul en koekie-vorm of rol bolletjies. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak tot gaar by 180 gr C. Plak opmekaar as afgekoel met vlg vulsel: Meng saam: 2 E sagte margarine, 1 t kitskofie, 1 t vanillageursel en genoeg versiersuiker om smeerbare vulsel te maak.