Tot Sy eer.
Search

Klapper Gemmerkoekies

Klapper gemmer koekiesOond 180 gr C. Klits saam: driekwart k botter, 1 en halwe k suiker en 1 groot eier. Voeg by: 2 E fyn appelkooskonfyt en 1 E asyn, klits deur, roer vlg by: 3 k bruismeel, kwart t sout, 1 t koeksoda, 1 t kremetart, 1 E fyn gemmer en 1 k klapper. Maak deeg aan en laat rus vir ‘n uur. Smeer plat oond-bakplaat en rol deeg in balletjies, pak in bakplaat en druk effe platter met die dik deel van jou handpalm, onder jou duim. Bak vir 20-25 min tot goudbruin en gaar. Koel af op draadrakkie en pak in lugdigte houer

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos