Frikkadelle: Braai 1 gekapte ui in bietjie olie, braai 2 t medium kerriepoeier by en skep uit en koel af. Meng vlg saam in bak: 2 dik snye dag-oue witbrood in bietjie water. Druk water uit, voeg by: 80 ml melk, 600 gr maalvleis, 45 ml vrugteblatjang, 30 ml asyn, 1 groot gerasperde geelwortel ,1 geklitste eier en voeg uie mengsel by. Geur met sout en peper. Meng met vurk deur en vorm bolletjies. Plaas in ‘n oondbak. Sous: Braai 3 gekapte ui in bietjie olie, Roer 3 E medium kerriepoeier by, 125 ml asyn, 5 ml borriepoeier, 30 mil bruinsuiker, 60 ml appelkooskonfyt en 400 ml kookwater. 1/4 t sout en 1 blikkie fyn- of stukkies pynappel met sous en al. Kook 10 minute en gooi oor frikkadelle in oondbak. Bak oop vir 45 minute by 180 gr C. Bedien op wit rys.