Kook 500 gr pak pasta en dreineer. Voeg by: 1 gekapte ui en 1 gekapte soetrissie. Roer vlg sous by: Meng saam: 1 k tamatiesous, halwe k suiker, 125 ml canola olie, 1 E worcestersous, 2 en halwe t kerriepoeier, 1 t sout, halwe k soetrissie sous en bietjie tobasco sous. Laat staan vir 10 minute en skep in gesteriliseerde flesse, draai toe en bêre in yskas tot benodig. Voor opdiening, kan jy mayonaise by roer as jy wil.