Kook 3 k rou skroefie noedels. Dreineer en hou eenkant. Braai 1 groen soetrissie en 1 rooi/wit gekapte ui tot sag in bietjie olie. Verlaag hitte en roer 1 blik fyngekapte tamatie, 30 ml kookolie, 125 ml asyn by. Laat kook deur. Voeg nou 2 t matige kerriepoeier, 1 t fyn borrie en 125 ml fyn appelkooskonfyt en 1/2 t sout by. Roer goed deur en kook saggies vir 5 minute. Gooi oor pasta en verkil tot gebruik.