Kook 6 eiers hard. Laat in koue water le. Braai 2 uie, gekap, in bietjie olie. Voeg 2 groot, ryp, gekapte tamaties by en ‘n halwe gesnyde greenpepper. Braai tot sag en roer 1 t medium kerriepoeier by, 1 E asyn, 1 E tamatiesous en 2 t fyn appelkooskonfyt. Kook deur tot dik sous. Dop eiers versigtig af en sny deur. Voeg by sous en roer deur. Bedien op toast of rys.