Oond 180 gr C. Sif 125 ml bruismeel en kwart t sout saam.Voeg 200 ml suiker by. Vryf 50 gr sagte botter in meelmengsel. Klits 3 eiergele, 2 t gerasperde suurlemoenskil, 60 ml suurlemoensap en 250 ml karringmelk saam en roer by meelmengsel Klits 3 eierwitte styf en vou in deegmengsel met metaallepel. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 35 minute tot gaar. Bedien met roomys.