Smelt saam: 80 gr margarine, 40 ml heuning, 40 ml gouestroop, 90 ml bruinsuiker en 1 t karamelgeursel. Koel af. Roer 450 ml bruismeel en 1/4 t sout by. Maak deeg met hande aan. Draai toe in kleefplastiek en laat rus vir 15 minute in yskas. Rol in bolletjies en plaas op gevoerde gesmeerde bakplaat. Dryk effe platter met vurk. Bak 20 minute lank by 180 gr C. Koel af en plak opmekaar met karamelkondensmelk as verkies.