Kook 4-6 patats groot gaar in soutwater, nie pap nie. Koel af. Stel oond op 180 gr C.
Trek skille af en sny in stukkies. Pak in lae in oond bak en gooi vlg sous tussen lae. Sous: In kastrol: 375 ml ligbruin suiker, 375 ml water, bietjie sout, klontjie botter en 2 E Karamel kitspoeding. Roer met draadklitser tot effe verdik. Plaas in oond en bak vir 30 minute. Bedien as bykos.