Oond 180 gr C. Klits saam: 125 gr sagte margarine, 80 ml ligte bruinsuiker, 1 eier en 5 ml vanilla. Sif 310 ml bruismeel en 2 ml sout. Roer by eiermengsel en vorm sagte deeg. Rol bolletjies en rol in kaneelsuiker. Plaas op gesmeerde bakplaat. druk effe plat met vurk. Bak vir 15-20 minute tot gaar. Plaas op draadrakkie om af te koel.