Oond 180 gr C.
Smeer groot oondpan en strooi kaneelsuiker onder-in oondpan. Pak bolletjies deeg, gemaak van gekoopte brooddeeg, bo-op suikerlaag. Sprinkel baie kaneelsuiker bo-oor bolletjies en laat rys vir 15 minute. Gooi 1 houer, 250 ml, room bo-oor en bak vir 50-60 minute tot gaar. Heerlik na ete by koffie.