Plaas 10 hoenderstukke, dye en boudjies, in glasbak en gooi 500 ml karringmelk oor. Plaas in yskas vir 3 ure. Meng intussen vlg bestandele; 1 en halwe k bruismeel, 1/2 k droê broodkrummels, 1 t sout, 2 t hoenderspeserye, 1 E paprika, 1 E droê, gemengde kruie, 1/2 t knoffelsout, 1 t rissiepoeier, 1 t mosterdpoeier 1/2 t peper. Gooi in vlak bak. Vee karringmelk van hoender met kombuispapier en rol deeglik in meelmengsel. Plaas vir 1/2 uur in yskas. Skakel oond op 200 gr C. Bak stukke hoender in vlak olie tot goudbruin. Gooi 2 E kook-olie in oondpan. Plaas hoenderstukke in oondpan en plaas in oond. Bak vir 40-50 minute tot gaar.